Deens is 'n Noord-Germaanse of Skandinawiese taal met ongeveer 5,5 miljoen sprekers. Dit is die amptelike taal van Denemarke en een van die amptelike tale van Groenland en van die Faeröereilande. Daar woon ook in die Noord-Duitse gebied Sleeswijk-Holstein 'n klein Deenssprekende minderheid.
Deens is nou verwant aan die ander twee vasteland-Skandinawiese tale, Noors en Sweeds. Die drie tale is onderling redelik verstaanbaar. Dene, Nore en Swede gebruik onderling dan ook dikwels 'n soort 'interskandinawies', waarby veral Dene dikwels hulle uitspraak aanpas omdat die uitspraak van Deens sterk verskil van die geskrewe vorm.
Deens word geskryf met die Latynse alfabet, waaraan na die z drie tekens toegevoeg is: Æ/æ, Ø/ø en Å/å. Hierdie word as aparte letters gesien. Die letters q, w, x en z word byna nooit gebruik nie.
In teenstelling met Noors en Sweeds is Deens nie 'singerig' nie, dit is geen toontaal. Kenmerkend van Deens is die betekenisonderskeidende glottisslag (glottal stop).
Omdat Denemarke, soos Nederland, 'n belangrike seevaartnasie was (en nog steeds is), is daar in die Deense woordeskat 'n paar duidelik Nederlandse invloede te vinde. So kom woorde soos borgmester (burgermeester) en skomager (skoenmaker) direk uit Nederlands.
Denemarke | Natuurlike taal | Germaanse taal
Denisc sprǣc | لغة دانماركية | Danés | Дацкая мова | Датски език | Danski jezik | Danès | Dánština | Daneg | Dansk (sprog) | Dänische Sprache | Danish language | Dana lingvo | Idioma danés | Taani keel | Daniera | Tanskan kieli | Danskt mál | Danois | Lingua dinamarquesa | דנית | Danski jezik | Dán nyelv | Bahasa Denmark | Daniana linguo | Danska | Lingua danese | デンマーク語 | დანიური ენა | 덴마크어 | Danek | Lingua Danica | Deens | Danų kalba | Bahasa Denmark | Däänsche Spraak | Deens | Dansk språk | Dansk språk | Danés | Język duński | Língua dinamarquesa | Limba daneză | Датский язык | Dánskkagiella | Danish language | Dánčina | Danščina | Дански језик | Danska | ภาษาเดนมาร์ก | Danca | دانىش تىلى | Данська мова | 丹麦语
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Deens (taal)".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world