Düsseldorf is die hoofstad van die Duitse deelstaat Noordryn-Wesfalen met 576 894 inwoners (30 September 2004). Die stad lê suid van die Ruhrgebied, in die vlakte van die Nederryn. Duesseldorf_riverside_by_night_01.jpg
Düsseldorf kry in 1288 stadstatus en is sedert 1511 die setel van die Hertoë van Berg. 1614 word dit 'n deel van Pfalz-Neuburg. Onder die keurvors Johan Willem von der Pfalz (1690-1716) beleef die stad 'n bloeitydperk. 1795 beset die Franses Düsseldorf, 1801 word die stad Beiers en van 1806 tot 1813 hoofstad van die Groothertogdom Berg. Sedert 1815 is die stad Pruisies. In 1946 word dit die hoofstad van die deelstaat Noordryn-Wesfalen.
Ten opsigte van sy produktiwiteit en groeikoers speel die ekonomie van Düsseldorf 'n leidende rol in Duitsland. Die hooffaktore, wat tot die ekonomiese sukses lei, is die sentrale ligging in die dig bevolkte ekonomiese hartland van Duitsland, die Internasionale Lughawe van Düsseldorf (op twee na die grootste in Duitsland) en die Messe Düsseldorf met 25 van die wêreld se grootste handelskoue en tentoonstellings.
Duesseldorf_Old_City_Panorama.jpg
Düsseldorf is ook die hoofstad van die Duitse telekommunikasie-, advertensie- en modebedryf. Die modeskou Collections Premieren Düsseldorf is die grootste wêreldwyd. Die stad is na Frankfurt am Main met die Düsseldorfse Beurs en talle banke ook die belangrikste finansiële sentrum van Duitsland en die hoofkwartier van groot internasionale maatskappye soos Metro, Thyssen, e.on, L'Oréal en Henkel. Daarbenewens is dit die hoofkwartier van baie Japanse maatskappye, met 'n groot Japanse gemeenskap wat hier leef en die stad die bynaam "Nippon aan die Ryn" gee.
دوسلدورف | Дюселдорф | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | Ντίσελντορφ | Düsseldorf | Duseldorfo | Düsseldorf | Düsseldorf | دوسلدورف | Düsseldorf | Düsseldorf | דיסלדורף | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | デュッセルドルフ | 뒤셀도르프 | Düsseldorf | Dusseldorpium | Diuseldorfas | Diseldorfa | Диселдорф | Düsseldörp | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | Дюссельдорф | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | Düsseldorf | 杜塞尔多夫
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Düsseldorf".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world