Die Chomsky-hiërargie is 'n containment hierarchy van klasse van formele grammatikas wat formele tale genereer. Hierdie hiërargie van die grammatikas, wat ook frasestruktuurgrammatika genoem word, is deur Noam Chomsky in 1956 beskryf (kyk
'n Formele grammatika bestaan uit 'n eindige versameling terminaalsimbole (die letters van die woorde in die formele taal), 'n eindige versameling nie-terminaalsimbole, 'n eindige versameling produksiereëls met 'n linker- en regterkant bestaande uit 'n woord van die simbole, en 'n begin simbool. 'n Reël kan op 'n woord toegepas word deur die linkerkant met die regterkant te vervang. 'n Afleiding is 'n opeenvolging van reëltoepassings. So 'n grammatika definieer die formele taal van alle woorde wat slegs uit terminaalsimbole bestaan wat deur 'n afleiding van die begin simbool bereik kan word.
Nie-terminale word gewoonlik deur hoofletters voorgestel, terminale deur kleinletters, en die beginsimbool deur . Byvoorbeeld, die grammatika met terminale , nie-terminale , produksiereëls
Sien formele grammatika vir 'n meer uitgebreide verduideliking.
Die Chomsky-hiërargie bestaan uit die volgende vlakke:
Let daarop dat die versameling grammatikas wat ooreenstem met rekursiewe tale nie 'n lid van die hiërargie is nie.
Elke reëlmatige taal is konteksvry, elke konteksvrye taal is konteksgevoelig en elke konteksgevoelige taal is rekursief en elke rekursiewe taal is rekursieftelbaar. Hierdie is almal behoorlike insluitings, dit beteken dat daar rekursiefoptelbare tale bestaan wat nie rekursief is nie, rekursiewe tale wat nie konteksgevoelig is nie, konteksgevoelige tale wat nie konteksvry is nie en konteksvrye tale wat nie reëlmatig is nie.
Die volgende tabel som elkeen van Chomsky se vier tipes grammatikas op, die klas tale wat dit genereer, die tipe outomaat wat dit herken, en die vorm van die reëls wat dit moet hê.
| Grammatika | Tale | Outomaat | Produksiereëls |
|---|---|---|---|
| Tipe-0 | Rekursiefoptelbaar | Turingmasjien | Geen beperkinge |
| Tipe-1 | Konteksgevoelig | Lineêr-begrensde nie-deterministiese Turingmasjien | |
| Tipe-2 | Konteksvry | Nie-deterministiese afdrukoutomaat | |
| Tipe-3 | Reëlmatig | Eindigetoestandoutomaat | en of of |
Formele tale | Generatiewe linguistiek
Йерархия на Чомски | Chomského hierarchie | Chomsky-Hierarchie | Chomsky–Schützenberger hierarchy | Jerarquía de Chomsky | Chomskyn hierarkia | Hiérarchie de Chomsky | Gerarchia di Chomsky | チョムスキー階層 | 촘스키 위계 | Hierarchia Chomsky'ego | Hierarquia de Chomsky | Ierarhia Chomsky | Chomského hierarchia | 乔姆斯基谱系
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Chomsky-hiërargie".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world