article

Die département Calvados (Normandië, Noord-Frankryk) is tydens die Franse Rewolusie op 4 Maart 1790 gestig. Dit is vandag 'n deel van die région Basse-Normandie, met 'n oppervlakte van 5 548 km² en 648 000 inwoners (1999). Ligging_van_Calvados_%28CC-GNU_GPL%29.png

Die département kry sy Spaanse naam van die skip "El Salvador" wat as deel van die Spaanse Armada na Engeland gestuur is. 1588 vergaan die skip aan die rotsagtige Normandiese kus. Die volkstaal het van die naam "Calvador" gemaak en eers die rotse, later die kusgebied en uiteindelik ook die département die naam "Calvados" gegee. Ook die Normandiese brandewyn wat van sider gebrand word kry die naam Calvados. Die Calvados word hier puur as trou Normand of as pommeau (met appelsap) gedrink. Die inheemse fynproewers flambeer ook graag hulle appeltert met 'n glasie Calvados.

Frankryk het meer dan 350 kaassoorte, en drie beroemdes, die Camembert, die Livarot en die Pont l'Evêque is spesialiteite van die département Calvados.

Besienswaardighede


Vieuxbassin1.jpg]]

Die département Calvados beskik oor die bekendste seebad van die Normandiese kus, Deauville. Langs sy kus met die sandstrande van die Côte de Nacre en die Côte Fleurie lê ook die ander vakansieoorde soos Courseulles-sur-Mer, Saint-Aubin-sur-Mer, Honfleur, Cabourg en Trouville. Die kusgebied van Calvados met sy sterk getye is geskik vir alle soorte watersport.

Die département spog met een van die langste kabelhangbrûe in Europa, die Pont de Normandie. Die brug met sy elegante pilare verbind Honfleur met Le Havre. Chato porte des champs.jpg | Bayeux het 'n aantal bekende musea. In hierdie stad word die Tapyt van Bayeux uit die 11de eeu bewaar. Die Museum Baron Gérard vertoon skilderye, meubels, porselein en kantwerk uit Bayeux. Die Museum ter Nagedagtenis van die Slag van Normandië laat nog eens die bevryding van Frankryk in 1944 herleef.

Vir die toeris en ander belangstellendes is die Route du Cidre (Siderroete), Route de la Suisse Normande (Roete van die Normandiese Switserland) en die Route des Fromages (Kaasroete) aangewys wat alle besienswaardighede rondom sider, natuurskoon en kaas met mekaar verbind.

Administratiewe verdeling



- style="background:#efefef;"
Arrondissement Bevolking
(1999)
Oppervlakte
(vk km)
Bevolkingsdigtheid Kantons Munisipaliteite
- ALIGN="right"
Bayeux 63 022 952 66 6 126
- ALIGN="right"
Caen 389 973 1 990 196 24 287
- ALIGN="right"
Lisieux 140 504 1 650 85 13 204
- ALIGN="right"
Vire 54 886 956 57 6 88

Normandië

Calvados | Кальвадос (департамент) | Calvados (departement) | Calvados (Département) | Calvados | Calvados | Calvados | Calvados | Calvados (departementti) | Calvados | Calvados | カルヴァドス県 | Calvados | Calvados | Calvados (departement) | Calvados (departement) | Calvados | Calvados (departament) | Calvados | Calvados | Кальвадос (департамент) | Calvados | Calvados | Calvados | Calvados | 卡尔瓦多斯省

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Calvados (département)".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld