Bretons of Bretoens (Brezhoneg) is 'n Eiland-Keltiese taal, wat ondanks die klassifikasie, in Armorika op die vasteland in die weste van Frankryk gepraat word. Die taal stam dan ook nie af van Gallies nie, maar het ontstaan uit Kornies en ander tale op die Britse eilande. Tydens die Angel-Saksiese invalle in Britannië teen die begin van die 5de eeu vlug 'n groot aantal Kelte onder die leiding van hul monnike en stamhoofde na Armorika. Hulle neem die taal van Cornwall grotendeels mee en vermeng dit met die Kelties wat in Gallië gepraat is.
'n Persoon wat Bretons praat is voorheen in Frans "bretonnante" genoem, maar in die afgelope aantal jare het die term "brittophone", sy verskyning gemaak en word dit soms gebruik. Bretons word hoofsaaklik in die Weste van Bretagne gepraat (begrens deur 'n lyn tussen Saint Brieuc in die Noorde en Vannes (Bretons: Gwened) in die Suide). Sprekers in Bretagne kan in twee gedeel word: Die wat Bretons praat in Neder-Bretagne (Bretons: Breizh Izel) en die wat Gallo praat in Opper-Bretagne (Bretons: Breizh Uhel) . Gallo is 'n klein taal wat van Latyn afstam, en dus Romaans is en nie Keltiese nie, net soos Frans.
Bretons was die taal van die elite tot die 12de eeu, waarna die adel, na hulle mening stylvoller Frans, as standaardtaal verkies. As geskrewe taal word in Bretagne, wat tot die 16de eeu steeds 'n sekere mate van onafhanklikheid geniet, Latyn gebruik, vanaf die 15de eeu wen Frans egter ook op die terrein.
Daar bestaan tans 'n mate van omstredenheid tussen ondersteuners van die Bretonse omgangstaal (Frans: Breton populaire) en ondersteuners van 'n verenigde of standaardtaal (Sien Controverses sur le breton op die Franse wikipedia).
Daar word gemeen dat Bretons nie van die vasteland keltiese tale, soos die nou uitgestorwe Gallies afstam nie, alhoewel dit definitief sekere eienskappe daarvan geleen het. Dit stam eerder van eiland Britonies af.
'n Poging van die Franse regering om die onafhanklike Bretonse-taal skole (genoem Diwan) in die staatsonderwystelsel te inkorporeer is deur die Franse Grondwetlike Vergadering verhinder op grond daarvan dat, aangesien die Grondwet van die 5de Republiek verklaar dat Frans die taal van die Republiek is, geen ander taal as onderrigmedium in staatskole gebruik mag word nie. Ondanks hierdie probleem is daar tans sowat 30 openbare Diwanskole, wat deur ouers en onderwysers gestig is, met nagenoeg 2 000 skoliere. Die Toubon Wet verklaar dat Frans die taal van openbare onderrig is. Die Departemente Keltologie aan die universiteite van Brest en Rennes bied Bretons as 'n studievak aan, alhoewel 'n Franse diploma in die Keltiese tale die kennis van 'n tweede Keltiese taal vereis.
Nogtans gebruik die streeks- en departementele owerhede Bretons tot 'n baie beperkte mate in soverre hulle toegelaat voel: byvoorbeeld, in aanwysing (veral vir toerisme verwante redes). Sommige tweetalige aanwysings mag ook waargeneem word, soos straatname in dorpies in Bretagne, en op 'n stasie in die Rennes metrostelsel wat aanwysings in beide Frans en Bretons het. Aan die anderkant het baie min winkels of ander privaateiendom in Rennes enige Bretonse aanwysings.
Soos baie ander tale het Bretons 'n aantal dialekte. In Bretons sluit die verskille tussen dialekte uitspraak in die geheel en tot 'n geringe mate ook woordeskat in. Sekere dialekte vertoon ook klein verskille in sintaks. Die verskille tussen dialekte is klein in plekke naby mekaar maar hoe verder 'n mens van 'n spesifieke punt beweeg hoe meer verskil die weergawe van Bretons wat daar gepraat word. In die reël is daar dus nie spesifieke grense tussen die dialekte nie maar eerder 'n geleidelike oorgang.
Tradisioneel word die Bretonse dialekte na aanleiding van ou biskopdomme vernoem :
Vannetais is duidelik onderskeibaar van die ander dialekte en die res word soms saam KLT genoem (afkorting vir Kerne, Leon, Treger : Cornouaille, Léon, Trégor).
Soos in Engels en Gaelies, is daar grammatikale aspekte vir werkwoorde in 'n spesifieke tyd, wat aandui of die handeling voortdurend is. Soos in Engels word 'n onderskeid aangetref tussen 'n voortdurende vorm en 'n progressiewe aspek:
Soos in ander moderne Keltiese tale, word Bretonse voornaamwoorde saamgesmelt met voorafgaande voorsetsels om 'n soort "vervoegde" voorsetsel te vorm. Onder volg 'n paar voorbeelde in Bretons (Léon dialek) en Iers-Gaelies.
| Bretons | Iers Gaelies | Afrikaans | Letterlike vertaling |
| ul levr zo ganin | tá leabhar agam | Ek het 'n boek | 'n Boek is by-my|
| ur banne zo ganit | tá deoch agat | jy het 'n drankie | 'n drankie is by-jou |
| un urzhiataer zo ganti | tá ríomhaire aige | hy het 'n rekenaar | 'n rekenaar is by-hom |
| ur bugel zo gantañ | tá páiste aici | sy het 'n kind | 'n kind is by-haar |
| ur c'harr zo ganeomp | tá carr againn | ons het 'n kar | 'n kar is by-ons |
| ur stilo zo ganeoc'h | tá teach agaibh | julle het 'n huis | 'n huis is by-julle |
| arc'hant zo ganto | tá airgead acu | hulle het geld | geld is by-hulle |
| Kornies | Bretons | Gallo | Frans | Afrikaans |
|---|---|---|---|---|
| gwenenenn | gwenanenn | avètt | abeille | by (insek) |
| kador | kado(e)r | chaérr | chaise | stoel |
| keus | keuz, fo(u)rmaj | fórmaij | fromage | kaas |
| yn mes | er-maez | desort | dehors | buite |
| koedha | kouezhañ, kouezho | cheir | tomber | val |
| gaver | gavr | biq | chèvre | bokmelkkaas |
| chy | ti | ostèu | maison | huis |
| gweus | gweuz | lip | lèvre | lip |
| ganow | genoù, beg | góll | bouche (gueule) | mond |
| niver | niver | limerot | numéro | |
| perenn | perenn | peirr | poire | peer |
| skol | skol | escoll | école | skool |
| gwiwer | kazh-koad, gwiñver | chat-de-boéz | écureuil | eekoring |
| sterenn | ster(ed)enn | esteill | étoile | ster |
| megy | butunat, fumiñ | betunae | fumer | rook |
| hedhyw | hiziv, hidi, hiriv | anoet | aujourd'hui | vandag |
| whybana | c'hwibanañ, c’hwitellat, sutal… | sublae | siffler | fluit |
Besoekers aan Bretagne kan die volgende woorde en frases raakloop (veral op aanwysings en plakkate):
| BRETON | AFRIKAANS |
| deut mad oc'h | welkom |
| Breizh | Bretagne |
| brezhoneg | Bretons (taal) |
| ti, ty | huis |
| ti-kêr | stadsaal |
| kreizkêr | middestad |
| da bep tu | alle rigtings |
| skol | skool |
| skol-veur | universiteit |
| bagad | tradisionele Bretonse musiekgroep (meervoud: bagadoù) |
| fest-noz | ceilidh, tradisionele konsert/dans |
| kenavo | totsiens |
| krampouezh | pannekoek |
| chistr | sider (gegiste appelsap) |
Wat die woord Welkom" betref, in baie plekke word tekens met "Degemer mat" aangetref, maar eintlik is dit heeltemal verkeerde frase in die konteks, aangesien dit "goeie ontvangs" beteken. At 'n Bretonse spreker "Welkom!" aan iemand sê sal hulle sê "deut mad oc'h''", "kom wel u/jy (-is)".
Ander voorbeelde in Afrikaans, Frans en Bretons met die standaarduitspraak in Bretons:
| Afrikaans | Frans | Bretons | Standaarduitspraak |
|---|---|---|---|
| aarde | terre | douar | 'duar |
| hemel | ciel | oabl | wabr |
| water | eau | dour | du:r |
| vuur | feu | tan | tã:n |
| man | homme | den | de:n |
| vrou | femme | maouez | mow_s |
| eet | manger | debriñ | 'dibi |
| drink | boire | evañ | 'e:v_ |
| groot | grand | bras | bra:s |
| klein | petit | bihan | 'bij_n |
| nag | nuit | noz | no:s |
| dag | jour | deiz | de: |
war vor atao = altyd ter see
Natuurlike taal | Eiland-Keltiese taal | Tale van Frankryk | Bretagne
Bretonisch | Bretón | Бретонски език | Brezhoneg | Bretó | Bretonština | Llydaweg | Bretonsk | Bretonische Sprache | Breton language | Bretona lingvo | Idioma bretón | Bretainiera | Bretoni | Breton | Breton | Briotáinis | Lingua bretoa | ברטונית | Bahasa Breton | Lingua bretone | ブルトン語 | Bretonek | Lingua Armoricana (breton) | Bretoens | Bahasa Breton | Bretons | Bretonsk språk | Bréton | Breton | Bretonisch | Język bretoński | Língua bretã | Limba bretonă | Бретонский язык | Lingua brètuni | Breton language | Bretonščina | Bretonska | Burton | 布列塔尼语
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Bretons (taal)".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world