Die Beringstraat is 'n seestraat tussen Kaap Dezjnev, die mees oostelike punt van Asië (Siberië) en Kaap Prince of Wales, die mees westelike punt van Amerika (Alaska), omtrent 85km wyd, met 'n diepte van 30–50 m. Die seestraat verbind die Tsjoektsjensee (deel van die Arktiese Oseaan) in die noorde met die Beringsee (deel van die Stille Oseaan in die suide. Dit is vernoem na Vitus Bering, 'n Deens-gebore Russiese ontdekkingsreisiger wat in 1728 deur die straat gevaar het.
Die Diomede-eilande lê direk in die middel van die Bering Seestraat.
Voorstelle is al geopper vir die bou van 'n brug oor die Beringstraat tussen Alaska en Siberië, deur sommige die interkontinentale vredesvrug genoem, en alternatiewelik, vir 'n tonnel onderdeur die seestraat.
Gedurende die ystydperke, was die seestraat gebied 'n landbrug wat as die Beringlandbrug bekend gestaan het. Tydens die mees onlangse ystydperk, ongeveer 12 000 jaar gelede, was die seevlak in die Beringstraat dermate laag dat mense en diere van Asië na Noord-Amerika kon trek. Tans word aangeneem dat die eerste mense in die tyd Noord Amerika bereik het.
Die Engelse naam Bering Strait is ook die naam van 'n countrymusiekgroep uit Rusland wat countrymusiek met tradisionele Russiese liedjies meng, 'n musiekvorm wat soms "redgrass" genoem word ('n verwysing na bluegrass). *
مضيق بايرنغ | Берингов проток | Estret de Bering | Beringův průliv | Beringstrædet | Beringstraße | Bering Strait | Beringa Markolo | Estrecho de Bering | Beringi väin | Beringinsalmi | Détroit de Béring | Estreito de Bering | מצר ברינג | Bering-szoros | Selat Bering | Beringssund | Stretto di Bering | ベーリング海峡 | 베링 해협 | Beringstrooss | Beringo sąsiauris | Beringstraat | Beringsundet | Beringstredet | Cieśnina Beringa | Estreito de Bering | Берингов пролив | Beringov prieliv | Berings sund | Беринґова протока | Eo biển Bering | 白令海峡
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Beringstraat".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world