article

Arthur Schopenhauer is 'n 19de-eeuse Duitse filosoof. Hy is op 22 Februarie 1788 in Danzig, Pole gebore. Sy vader was 'n bankier en sy moeder 'n skryfster. In 1793 het die gesin na Hamburg getrek. Na sy vader se skielike dood in 1805 het Schopenhauer begin met sy akademiese opleiding te Gotha, Weimar, Göttingen en Berlyn. Hy het aanvanklik geneeskunde en natuurwetenskappe studeer en later in 1813 sy verhandeling in die filosofie aan die Universiteit van Jena voltooi. Hy het ook filosofie aan die Universiteit van Berlyn doseer waar hy hom verál teen George Hegel verset het. Hy het hom later in Frankfurt gevestig waar in 1860 gesterf het.

Hy staan bekend vir sy werk Die Welt als Wille und Vorstelling (Die Wêreld as Wil en Voorstelling) wat in 1819 gepubliseer is en aanvanklik met stilswye begroet is. Sy wêreldbeskouing is deurgans pessimisties. Hy is ontnugter deur menslike wreedheid en het die lewe as wesenlik boosaardig, sinneloos en vol leed beskou. Hy was ook bekend vir sy vrouehaat en wantroue in ander mense.

Hy het 'n groot bewondering vir Immanuel Kant, Plato en Johann Wolfgang von Goethe gehad. Sy werke is ook beïnvloed deur die Oosterse filosofie waarin hy ontsnapping uit 'n swaarmoedige lewe in asketiese lewensstyl gesien het.

Bronne


  • Young, J. 2005. Schopenhauer. Routledge: Londen & New York

Eksterne Skakels


Duitse filosowe

Артур Шопенхауер | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | ארתור שופנהאואר | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | アルトゥル・ショーペンハウアー | 아르투르 쇼펜하우어 | Artūras Šopenhaueris | Artūrs Šopenhauers | Артур Шопенхауер | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Arthur Schopenhauer | Шопенгауэр, Артур | Arthur Schopenhauer | Артур Шопенхауер | Arthur Schopenhauer | 亚瑟·叔本华

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Arthur Schopenhauer".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld