article

Argitektuur is die kuns en wetenskap om bou-bedrywe te ontwerp, insluitende stede, geboue, binne-huis, landskappe, meubels, voorwerpe, ens. Volgens die eerste oorlewende werke van die onderwerp, word daar van drie grondbeginsels gepraat: skoonheid, vastigheid en bruikbaarheid. Van argitektuur kan gepraat word as die balans en koördinasie van hierdie drie elemente, waarvan geen een die ander oorheers nie. Argitektuur kan bestudeer word in terme van:

  • Die boustyl dws die manier waarop gebou is in teenstelling met die materiale wat gebruik is.
  • Die samestelling van komponente in terme van hoe die dele aanmekaar gesit is om 'n geheel te vorm.
  • Materiaal wat gebruik is om mee te bou.
  • Die ontwerpskomponente of die dele waaruit die gebou bestaan.
  • Bouvorm wat benut word of die kontoer wat die struktuur aan te toon in terme van 'n defnitiewe stel lyne, konfigurasies, profiele ens.

Menslike oorlewing vereis strukture wat beskerming, veiligheid en nutwaarde aan die mens bied. Argitektuur gaan egter oor meer as beskerming en veiligheid deurdat dit elke lewensfaset van die mens in terme van ekonomie, filosofie, godsdiens, politiek en sosiale omgang reflekteer vir 'n bepaalde tydvlak. Die geskiedenis van verskeie beskawings word geken deur hulle argitekture te bestudeer. Die oudste vorm van argitektuur is heel moontlik die manier waarop mense grotte benut het as lewensruimte. Die Sumeriese boustyl is een van die oudtste argitektuurstyle van die antieke Sumeriese beskawing wat tussen 5000 v.C. tot 2000 v.C. tot stand gebring is.

Sien ook


Argitektuur

Arquiteutura | عمارة | Arquiteutura | Архитектура | Arhitektura | Arquitectura | Architektura | Architektura | Архитектура | Pensaernïaeth | Arkitektur | Architektur | Αρχιτεκτονική | Architecture | Arkitekturo | Arquitectura | Arkitektura | معماری | Arkkitehtuuri | Architecture | Boukeunst | Ailtireacht | Arquitectura | אדריכלות | वास्तुशास्त्र | Arhitektura | Építészet | Architectura | Arsitektur | Arkitekturo | Architettura | ᐃᒡᓗᕐᔪᐊᑦ ᐋᖅᑭᒃᓯᒪᓂᖏᑦ | 建築学 | არქიტექტურა | 건축 | Architectura | Arkitektura | Architektur | Architectuur | Architektūra | Arhitektūra | Архитектура | Seni bina | Arquitectura | Architectuur | Arkitektur | Arkitektur | Архитектурæ | Architektura | Arquitectura | Arhitectură | Архитектура | Architittura | Architectur | Arhitektura | Architecture | Architektúra | Arhitektura | Arkitektura | Архитектура | Arsitéktur | Arkitektur | கட்டிடக்கலை | สถาปัตยกรรมศาสตร์ | Arkitektura | Mimarlık | Архітектура | Kiến trúc | 建筑学

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Argitektuur".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld