article

Die term amptelike taal (of ampstaal) verwys na dié taal wat deur die regering en ander owerhede van 'n bepaalde staat gebruik word om met mekaar en met die burgers te kommunikeer en wat ook deur die bewoners van die land gebruik word indien hulle 'n administratiewe instelling kontak. Meesal is die taal, wat vir die grondwet van 'n land gebruik word, ook sy amptelike taal. Veelvolkige lande soos Suid-Afrika het dikwels meer as een amptelike taal.

In teenstelling met amptelike tale word verkeerstale in 'n veeltalige omgewing gebruik om die kommunikasie te vergemaklik, terwyl skool- of onderwystale net in die onderwys van 'n bepaalde land gebruik word.

Die keuse van die ampstaal


Die ampstaal of ampstale is nie noodwendig die moedertaal van die bevolking van 'n bepaalde land nie.

In Europa, Asië of Amerika is gewoonlik die taal met die meeste sprekers as die amptelike taal gekies; derhalwe is Duits die amptelike taal van Duitsland en Portugees (Brasileiro) die amptelike taal van Brasilië. In Afrika het dikwels die voormalige koloniale taal die status van amptelike taal gekry, soos byvoorbeeld Frans in Mali of Engels in Zambië. Hierdie praktyk bevoordeel meesal die heersende elite, wat die ampstaal in teenstelling met die gewone bevolking magtig is.

Slegs in 'n klein aantal lande soos Switserland (met vier amptelike tale) en Suid-Afrika (met elf amptelike tale) is die belangrikste landstale as amptelike tale erken. Die meeste minderheidstale (soos Bretons in Frankryk) geniet nie hierdie soort erkenning nie - enersyds word minderheidstale as 'n bedreiging vir die nasionale eenheid van 'n land beskou, andersyds kan baie state dit nie bekostig om alle beamptes twee- of meertalig op te lei en amptelike dokumente in meer as een taal uit te gee nie. In die praktyk lei 'n sodanige taalbeleid moontlik tot die afskaling en maatskaplike minagting van nie-amptelike of tweederangse amptelike tale.

'n Moontlike kompromis is die erkenning van 'n streeksgebonde status as amptelike taal (Italië erken byvoorbeeld die ampstaalstatus van Duits in die oorwegend Duitstalige Suid-Tirool).

Taal

Ambihtlicu sprǽc | لغة رسمية | Idioma oficial | Официален език | Yezh ofisiel | Llengua oficial | Úřední jazyk | Iaith Swyddogol | Amtssprache | Official language | Oficiala lingvo | Idioma oficial | Riigikeel | Virallinen kieli | Langue officielle | Službeni jezik | Hivatalos nyelv | Opinbert tungumál | 公用語 | სახელმწიფო ენა | 공용어 | Offiziell Sprooch | Lokóta ya Leta | Valstybinė kalba | Amtsspraak | Officiële taal | Offisielt språk | Język urzędowy | Língua oficial | Limbă oficială | Государственный язык | Official language | Uradni jezik | Службени језик | Officiellt språk | Opisyal na wika | Räsmi tel | 官方语言 | Koaⁿ-hong gí-giân

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Amptelike taal".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld