article Related Topics:
Alpert,_Herb :: Alpena :: Alpena_Metro :: Alpes-Maritimes :: Alpe_di_Siusi :: Alpes-de-Haute-Provence :: Alpers'
 

Montblanc.jpg Die Alpe is 'n magtige bergreeks in Europa met 'n oppervlakte van meer as 200 000 vierkante kilometer, wat oor 'n afstand van 1 200 kilometer van Frankryk in die weste tot by Oostenryk en Slowenië in die ooste en van Suid-Duitsland in die noorde tot by Italië in die suide strek. In die suidooste gaan die Alpe oor na die Dinariese Gebergte, in die noordooste na die Karpate. Die hoogste berg, die Mont Blanc aan die Frans-Italiaanse grens, is 4 808 meter bo seevlak.

Die Alpe word volgens geografiese kenmerke onderverdeel in die Wes-Alpe en Oos-Alpe, en ten opsigte van die hoogte bo seevlak in die Vooralpe (tot by 1 500 meter), Middelalpe (tot by die sneeugrens) en die Hoogalpe (met 'n hoogte van meer as 3 000 meter).

Die Alpe ontstaan gedurende die geologiese tydperk van die tersiêr, toe die oorspronklike vasteland van Afrika noordwaarts beweeg, die sedimentafsettings van die Middellandse See eers saampers en daarna opvou. Hierdie geologiese aktiwiteite is nog steeds aan die gang en lei tot 'n klein, jaarlikse styging van die gebergte se hoogte.

Die oppervlakte is behalwe deur geologiese aktiwiteite ook deur klimaatsomstandighede gevorm. Veral gedurende die Ystydperk verander gletsers die voorkoms van die gebergte en begin groot valleie in te sny, terwyl die smeltwater in die randgebiede van die Alpe groot mere soos die Bodenmeer tussen Duitsland, Switserland en Oostenryk en die Gardameer in Noord-Italië laat ontstaan. Satellitenaufnahme der Alpen.jpg As 'n waterskeiding en klimatologiese grensgebied skei die Alpe die stroomgebiede van die Noordsee, die Middellandse See en die Swart See en die klimaatsones van die maritieme gebied in die weste, die kontinentale in die noorde en ooste en die milde Mediterreense gebied in die suide van mekaar. Die Alpe is die brongebied van groot Europese riviere soos die Inn, Po, Rhône en Ryn.

Ekonomiese basis


Geografiese en klimatologiese omstandighede bepaal die ekonomiese basis van die verskillende gebiede. Die noordelike Vooralpegebied word deur 'n moderne landbousektor met melkboerdery en veeteelt gekenmerk, terwyl die bosgebiede 'n aantal werksgeleenthede in die houtbedryf skep. Die milde klimaat in die valleie van die suidelike Alpe is uiters geskik vir die wynbou en vrugteverbouing, terwyl in die oostelike gebiede sout en ertse gemyn word.

Hidroëlektriese kragopwekking voorsien in die elektrisiteitsbehoeftes van baie Alpegebiede.

Die alpiene sportbedryf is 'n belangrike bron van inkomste in alle gebiede, alhoewel die massatoerisme negatiewe uitwerkings op die sensitiewe omgewing en mikroklimaat van die gebergte het.

Alpe

Alpen | ألب | Алпи | Alpoù | Alps | Alpy | Alperne | Alpen | Άλπεις | Alps | Alpoj | Alpes | Alpid | Alpeak | Alpit | Alpes | Sliabh Alpa | הרי האלפים | Alpe | Alpok | Alpafjöll | Alpi | アルプス山脈 | 알프스 산맥 | Alpes | Alpės | Alpen | Alpane | Alpene | Alpy | Alpes | Alpi | Альпы | Alpi | Alpe | Alps | Alpy | Alpe | Алпи | Alperna | เทือกเขาแอลป์ | Alpler | Альпи | Alps | 阿尔卑斯山

 

This article is licensed under the GNU Free Documentation License. It uses material from the "Alpe".

Home Pageartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsphysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld