Ekonomie van Frankryk | |
Die maatskappy, wat sy hoofkwartier op die Roissy-Charles de Gaulle-lughawe naby Parys het, is volgens omset die grootste en volgens passasiers-kilometers die derde grootste lugdiens ter wêreld.
Air France-KLM is tans 'n lid van die SkyTeam Alliance en werk hier nou saam met Delta Airlines, Aéromexico, Korean Air, CSA Czech Airlines, Alitalia, Northwest Airlines en Continental Airlines. Airfrance.a320.arp.750pix.jpg
Air France het deur die samesmelting van 'n aantal lugvaartmaatskappye ontstaan en oorneem later self nog eens verskeie ander lugdienste.
Air Orient, Air Union, Société Générale de Transport Aérien (die voormalige Lignes Farman) en die CIDNA smelt in 1933 saam en vorm die Société Centrale pour l'Exploitation de Lignes Aériennes (SCELA). Na die oorname van die bankrotte Aéropostale in Augustus 1933 word die maatskappy tot Air France hernoem en op 7 Oktober 1933 offisiëel op die Paryse lughawe in Le Bourget ingewy. Die lugdiens oorneem die sowel simbool van Air Orient, 'n gevleuelde seeperdjie, asook die hoofkwartier in die Paryse rue Malbeuf. Tot by die Tweede Wêreldoorlog is daar naas Air France en die dogtermaatskappy Air France Transatlantique nog drie ander Franse lugdienste: Aéromaritime en Air Afrique, wat albei Afrika bedien, en die lugposdiens Air Bleu.
Tydens die oorlog oorhandig die Vichy-bewind die vliegtuie van Air France aan die Duitse Lufthansa. In Damaskus word onder die leiding van Charles de Gaulle die Lignes Aériennes Militaires (LAM) gestig, om die Franse gebiede te bedien, wat nie deur die Duitsers beset is nie. Hulle is die voorloper van die Réseau des Lignes Aériennes Françaises (RLAF), wat in 1945 in die lewe geroep word.
Op 26 Juni 1945 word Air France, wat tot dusver 'n private onderneming is, genasionaliseer. Dit is die enige lugdiens in Frankryk. Die RLAF staak sy diens op 29 Desember. Air France word 'n lid van die IATA.
Die Franse regering staan die stigting van twee lugdienste in privaatbesit toe: Die TAI (Transports Aériens Intercontinentaux, 1946) en SATI (1948). SATI verander sy naam in 1949 in Union Aéromaritime de Transport (UAT).
Op 12 November 1954 word Air Inter gestig, 'n lugdiens wat hom op binnelandse vlugte toespits. Air France en die nasionale spoorwegmaatskappy SNCF behoort tot die aandeelhouers.
UTA ontstaan deur die samesmelting van TAI en UAT. Danksy die herverdeling van lugdienskonsessies deur die Franse regering word die nuwe maatskappy in staat gestel om winsgewende verbindings van Air France oor te neem.
Air France stig die lugdiens EuroBerlin France, met die Duitse Lufthansa as aandeelhouer, om Wes-Duitsland met Wes-Berlyn te verbind. Met die Duitse hereniging word spesiale lugdienste van die westelike gealliëerdes nie meer benodig nie; EuroBerlin France staak sy diens in 1992.
Die krisis van die lugvaartbedryf aan die begin van die negentigerjare lei tot 'n konsolidasie op die Franse mark. Air France word op 12 Januarie 1990 'n aandeelhouer van UTA. Die twee maatskappye vorm die Groupe Air France.
In 1992 word UTA volledig van Air France oorgeneem. Die nuwe maatskappy het ook 'n meerderheidsaandeel in Air Inter. Air Inter word as gevolg van 'n herstrukturering op 1 April 1997 by Air France ingelyf. 'n Poging van British Airways en later Swissair, om met die lugdienste TAT, AOM und Air Liberté as mededingers van Air France op die Franse mark op te tree, misluk. Hulle onttrek hulle later.
Air France raak op 3 Junie 1998 sy rol as "nasionale maatskappy" kwyt en word sedert 22 Februarie 1999 op die effektebeurs gelys. 72 persent van Air France se medewerkers het aandele in hul werkgewer.
In Junie 1999 besluit Air France en die Amerikaanse lugdiens Delta Airlines om 'n vennootskap te stig. Hulle vorm op 22 Junie saam met Korean Air en Aeromexico die alliansie "SkyTeam". 'n Aantal bykomende maatskappye sluit hulle later by die alliansie aan.
In Mei 2004 oorneem Air France deur middel van 'n ruil van aandele die Nederlandse lugdiens KLM. Weens regsoorwegings bly die twee lugdienste voorlopig aparte ondernemings, wat nog steeds hulle eie handelsmerke en veral in die alliansie SkyTeam koöpereer.
Air France | Air France | Air France | Air France | Air France | ایر فرانس | Air France | Air France | אייר פראנס | Air France | Air France | エールフランス | Air France | Air France | Air France | Air France | AirFrance | Ер Франс | Air France | 法國航空
This article is licensed under the GNU Free Documentation License.
It uses material from the
"Air France".
Home Page • arts • business • computers • games • health • hospitals • home • kids & teens • news • physicians • recreation• reference • regional • science • shopping • society • sports • world