1 November is Die 305de dag van die jaar (306de in skrikkeljare)
in die Gregoriaanse kalender, met nog 60 dae oor.
Gebeure
- 1512 - Die plafon van die Sisteinse Kapel, deur Michelangelo geskilder, word vir die eerste keer aan die publiek ten toon gestel.
- 1604 - Die tragedie van William Shakespeare, Othello, word vir die eerste keer by die Whitehall Paleis in Londen opgevoer.
- 1611 - Die romantiese komedie van William Shakespeare, The Tempest, word vir die eerste keer by die Whitehall Paleis in Londen opgevoer.
- 1683 - Die Britse kroonkolonie van New York word onderverdeel in 12 graafskappe verdeel.
- 1755 - 1755 Lisabon aardbewing: Lissabon in Portugal word vernietig deur 'n geweldige aardbewing en tsunami, en na raming het tussen sestig tot negentig duisend mense gesterf.
- 1765 - Die Britse Parlement vaardig die Seëlwet uit in die 13 kolonies om die Britse militêre aksies in Noord-Amerika te help finansier.
- 1800 - Die Amerikaanse president John Adams neem sy intrek in die presidensiële woning alombekend as die Withuis.
- 1848 - Die eerste mediese skool vir vroue (Die Boston Female Medical School) open in Boston, Massachusetts.
- 1861 - Amerikaanse Burgeroorlog: Die President van die V.S.A., Abraham Lincoln stel George McClellan aan as bevelvoerder van die Unie weermag. Hy vervang die verouderende Winfield Scott.
- 1876 - Nieu-Seeland se provinsiale regeringstelsel word gestaak.
- 1894 - Die Russiese Tsaar Aleksander III sterf en word deur sy seun Nikolaas II opgevolg.
- 1914 - Eerste Wêreldoorlog: Die Slag van Corone vind plaas. Dit is die eerste Britse Nederlaag van diè oorlog.
- 1918 - 'n Treinongeluk in New York eis die lewens van 93 mense.
- 1922 - Die Ottomaanse Ryk kom tot 'n einde toe die laaste sultan abdikeer.
- 1943 - Tweede Wêreldoorlog: Operasie Goodtime word van stapel gestuur met die Amerikaanse inval te Bouganville in die Solomon-eilande.
- 1950 - Sluipmoordpoging van die Puerto Rikaanse nasionaliste Griselio Torresola en Oscar Collazo op die President van die V.S.A., Harry Truman.
- 1952 - Operation Ivy - Die V.S.A se eerste suksesvolle waterstof bom ontploffing met die kodenaam "Mike" vir megaton, te Eniwetok eiland in die Bikini rif in die Stille Oseaan.
- 1954 - Die Front de Libération Nationale vuur die eerste skote wat die Algerynse Onafhanklikheidsoorlog ontketen.
- 1955 - 'n United Airlines DC-6B ontplof midde in vlug en stort te Longmont,Colorado neer, met 44 insittendes wat te sterwe kom.
- 1960 - Die Amerikaanse president, John F. Kennedy stel sy idee van 'n Vredeskorps bekend tydens sy verkiesingsveldtog.
- 1969 - Na sewe jaar aan die bopunt van die gewildheidsleer, bereik Elvis Presley se liedjie "Suspicious Minds" die nommer een posisie op "Billboard Music" se gewildheidslys.
- 1973 - Watergate Skandaal: Leon Jaworski word aangestel as die nuwe spesiale aanklaer vir die Watergate ondersoek.
- 1981 - Antigua en Barbuda verkry hulle onafhanklikheid van die Verenigde Koningkryk van Brittanje.
- 1993 - Die Maastricht Verdrag tree in werking en die Europese Unie word amptelik gestig.
- 1998 - The Europese Hof vir Menseregte word gestig.
Geboortes
- 1778 - Gustav IV Adolf van Swede (s. *)
- 1798 - Sir Henry Lee Guinness, bierbrouer
- 1801 - Vincenzo Bellini, komponis (s. *)
- 1871 - Stephen Crane, skrywer (s. *)
- 1877 - Roger Quilter, komponis (s. *)
- 1880 - Alfred Wegener, meteoroloog, geofisikus (s. 1930)
- 1880 - Sholom Asch, skrywer (s. 1957)
- 1886 - Hermann Broch, Oostenrykse skrywer (s. 1951)
- 1892 - Alexander Alekhine, skaak speler (s. 1946)
- 1902 - Eugen Jochum, begeleier (s. 1987)
- 1923 - Gordon R. Dickson, skrywer van wetenskapsfiksie (s. 2001)
- 1923 - Victoria de los Angeles, sopraan
- 1929 - Betsy Palmer, aktrise
- 1934 - William Mathias, komponis (s. 1992)
- 1935 - Gary Player, gholfspeler
- 1940 - Ramesh Chandra Lahoti, Hoofregter van Indië
- 1943 - Salvatore Adamo Belgiese/Italiaanse sanger
- 1952 - Larry Flynt, Tydskrif Publiseerder
- 1957 - Lyle Lovett, sanger
- 1962 - Antony Kiedis, sanger
- 1963 - Rick Allen, Def Leppard dromspeler
- 1967 - Sophie B. Hawkins, musikant
- 1972 - Toni Collette, aktrise
Sterftes
Vakansiedae
Vakansiedag in Spanje, Italië en Kroatië.
sien ook
Samhain
Datum
1 de nobiembre | 1 نوفمبر | 1 de payares | 1 лістапада | 1 ноември | 1añ Du | 1. novembar | 1 de novembre | Nobiyembre 1 | 1 nuvembri | 1. listopad | 1 lëstopadnika | Чӳк, 1 | 1 Tachwedd | 1. november | 1. November | 1 Νοεμβρίου | November 1 | 1-a de novembro | 1 de noviembre | 1. november | Azaroaren 1 | 1. marraskuuta | 1. november | 1er novembre | 1 di Novembar | 1 novimber | 1 Samhain | 1 de novembro | 1 בנובמבר | 1. studenog | November 1 | 1 de novembre | 1 November | 1 di novembro | 1. nóvember | 1 novembre | 11月1日 | 1 November | 1 ნოემბერი | 11월 1일 | 1'ê sermawezê | 1 Novembris | 1. November | Lapkričio 1 | 1 ноември | നവന്പര് 1 | 1 November | 1 'e nuvembre | 1 november | 1. november | 1. november | 1èr de novembre | Nobiembri 1 | 1 listopada | 1 de Novembro | 1 noiembrie | 1 ноября | 1 di nuvèmmiru | 1 November | Skábmamánu 1. | 1.11. | November 1 | 1. november | 1. november | 1 Nëntor | 1. новембар | 1 november | నవంబర్ 1 | 1 พฤศจิกายน | Nobyembre 1 | 1 Kasım | 1. Nöyäber | 1 листопада | 1 tháng 11 | 1î d' nôvimbe | Nobyembre 1 | 11月1日